UItstekende toeristeaantreklikheid en wildveilings ervaring.
Hierdie toeristebestemming en wildveiling lokaal sluit onder andere in 'n 46ha wildkamp met gewone, swart, wit en koper springbokke, gewone en swart rooibokke en Nyalas. Die wildveiling lokaal sluit onder andere in 'n Buffel boma met 7 aparte hokke en 1 groot hok, elk met sy eie water- en voerkrip, 'n Groot boma met 67 hokke vir verskillende wild soorte en 2 kameelperd hokke, elke hok met sy eie water- en voerkrip, 'n groot verstelbare laaibank en 'n oorhoofse besigtigings looparea van 3 125m², asook 'n 2 400m² voerstoor. Beide boma's is gebou en toegespan volgens geldende kwarentein regulasies.
Vir toeriste wat net lekker wil kom ontspan word aangebied 'n 4 slaapkamer woonhuis met 2 badkamers, 2 sitkamers, 'n binnebraai area en bediendekwartier, asook 3 Gasterondawels, elk met sy eie badkamer, en 'n groot 2 slaapkamer Damhuis met 'n groot oopplan kombuis en leefarea, elke slaapkamer met sy eie badkamer.
Verder bied hierdie eiendom ook 'n 3,6 ha lusernland met nuwe lusern onder 'n 1 toring spilpunt, 'n vliegtuig hanger, 'n onthaalsaal met mans en dames badkamers, asook 'n slagkamer met toepaslike koelkamers.
Features
Exterior
Sizes
Get Email Alerts
Sign-up and receive Property Email Alerts of Farms for sale in Barkly West Rural, Barkly West.
Disclaimer: While every effort will be made to ensure that the information contained within the 3%.Com Properties website is accurate and up to date, 3%.Com Properties makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.